Description
Ons bied ‘n veilige omgewing waar u kleuter met selfvertroue kan ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal deur deelname aan ons Opvoedkundige program en stimulerende aktiwiteite.
Die personeel en bestuur van Wonderwerkies Kleuterskool en Babasorgsentrum verbind hulle tot:
· Handhawing van Chistelike normes en waardes
· ‘n Veilige omgewing waarin kleuters tot volle potentiaal kan ontwikkel.
· Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer soos net kinders kan doen!
· ‘n Skoon en veilige omgewing
· Die onderrig taal is Afrikaans.
· Goeie en openlike skool en ouer verhoudings.
Hier wil ons u kind verwelkom in ‘n wêreld waar hy/sy kan ontwikkel na sy eie beeld en om sy/haar eie gedagtes selfstandig aan te wakker. Elke Wonderwerkies Kleuter het ‘n spesiale plekkie om te vul in die wêreld. Dankie dat u ons vertrou om saam u kleinding te bou aan daardie roeping.
Daar is twee tipes geskenke wat ons vir ons kinders moet gee; Diepgewortelde waardes en die vlerke om te vlieg.
Add a review