Description

Ons is 'n klein Afrikaanse plattelandse skooltjie in Potgietersrus (Mokopane) wat glo in hope pret, baie lag en leer deur te speel. Ons juffrouens glo dat ons instrumente is om kinders te help groei - intelektueel, emosioneel, geestelik en fisies. Ons glo in karakterbou, Ons het klein klassies van nie meer as 10 - 15 kinders nie. Elke juffrou by ons leef hulle passie uit en is gaande oor hul kindertjies. Ons  rig, leer en lei ons kinders en ouers met Christelike waardes en liefde.

Ons gee voedsame etes 2 maal per dag. Het heelwat buitemuurse aktiwiteite en geniet alles wat ons doen.

Ons het babas van 4 maande tot en met Gr. R. Die helfte van ons onderwyseresse het meer as tien jaar ondervinding. Ons is oorkant Krugerpark Laerskool wat dit vir ons kindertjies maklik maak wanneer hulle "grootskool" toe moet gaan omdat dit vir hulle opwindend en bekend is. Ons het 'n groot ouderdomstoepaslike ingerigte speelgrond waar ons kinders hulle gate uit speel.

Ons kan saam met ons kinders en ouers lag, huil, kwaad word, troos, groei en leer...'n wonderlike voorreg.

Ons kindertjies is gelukkig en tevrede by ons. Hulle voel geborge en veilig by ons en leef hulle eie unieke persoonlikhede uit tot ons almal se vreugde en trots.

Hier is ons meer as oorwinnaars....

 

Location
Region
Categories
Contact business

mood_bad
  • No comments yet.
  • chat
    Add a review