Description

Duifies Kleuterskool is ‘n Christelik gebaseerde skool geleë in die ooste van Pretoria. Ons skool is vanjaar 21 jaar oud en ons is trots om te kan sê dat Duifies in 2018 deur die Beeld aangewys is as die beste kleuterskool in 9 provinsies.

Ons skool is bevoorreg om pragtige geboue te bied en die goed beplande infrastruktuur maak dit vir die skool moontlik om daagliks die beste voorskoolse opvoeding aan elke kind te kan bied. Ons moderne fasiliteit beskik oor 5 klaskamers aan die Kleuterkant, 4 klaskamers aan die Peuterkant en 4 klaskamers in die Babasentrum wat verseker dat elke kind, in elke fase, hulle ontwikkelingsmylpale bereik.

Die skool se kurrikulum is ontwikkel om op ʼn “speel-speel” grondslag die kinders voor te berei vir skoolgereedheid. Duifies kan ongeveer 400 kinders akkommodeer.  Die opvoeders sowel as die assistente is goed opgelei en passievol oor die daaglikse versorging en opvoeding van elke kind wat in ons sorg geplaas word.

Die missie van Duifies is ondergeskik aan en sluit ten volle aan by die missie van Moreletapark Gemeente naamlik: “Elkeen doelgerig ‘n dissipelmaker”. As daar nie op hierdie jong ouderdom al ingebou word in die lewens van kinders nie raak die kanse al hoe minder dat hulle geestelik sal groei en leer van God se liefde en genade vir hulself en die wêreld!

Wat maak ons Spesiaal:

Gespesialiseerde kurrikulum
Gesondheidsbeleid
Dieetkundig geformuleerde spyskaarte
Arbeid/Spel Terapeute
Partytjies
Noodhulp
Biometriese sekuriteit
Mediasentrum
Skoolsaal vir groot motoriese aktiwiteite, interne opleiding, instappies, ens.
Elke afdeling het ook sy eie unieke en ouderdomstoepaslike speelterrein

Dit is vir elkeen van ons Duifies’n voorreg om deel te kan wees van Moreleta Duifies!

Location
Region
Closed
Open hours today: By appointment only
  • Monday

    6:00 am - 5:30 pm

  • Tuesday

    6:00 am - 5:30 pm

  • Wednesday

    6:00 am - 5:30 pm

  • Thursday

    6:00 am - 5:30 pm

  • Friday

    6:00 am - 5:30 pm

  • Saturday

    By appointment only

  • Sunday

    Closed

  • 4th Dec 2021 12:38 am local time

Categories
Contact business

    mood_bad
  • No comments yet.
  • chat
    Add a review